Teks groote
image image image image
A.V.V.B Welkom by die Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging se Amptelike Webwerf
Kleredrag van die Volkspelers Waar kom die kleredrag vandaan wat ons volkspelers vandag dra? Dit het 'n baie interessante ontwikkelingsgeskiedenis.
Die Geskiedenis van die AVVB Die gedagte van 'n eie Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging het in 1912 by S.H. Pellissier ontstaan.
Die Storie agter ons Volkspele Die Gees en Vertolking Die Afrikaanse Volkspele het in omstandighede en by geleenthede ontstaan waar gemeenskappe en gesinne gelukkig bymekaar was, waar prettige situasies ontwikkel het, en veral ook by die vreugde van die arbeid.

In die Nuus

Welkom by die AVVB

ONS BRING HULDE

Dr Pellisier
SAMUEL HENRI PELLISSIER                           

Die vergesig en innige liefde vir sy volk en kultuur, het in 1912 'n jongman ge'inspireer om dit een van sy take te maak om volksang, volkspele en volksdrag - tot hul reg te laat kom. Omdat hy besef het dat hierdie dinge onlosmaaklik deel van eie volk is.

S. H. Pellissier sal onthou word as kultuurleier, onderwysleier, kerkman, gesinsman, maar veral as stigter van die Afrikaanse Volksang- en Volkspelebeweging.

Mag hierdie kultuurvlammetjie, wat deur horn aangesteek is, deur elke volksanger en -speler tot in lengte van dae gekoester word.

Die volksangers en volkpelers van Suid-Afrika huldig met dankbare erkentlikheid die nagedagtenis van 'n groot man:

SAMUEL HENRI PELLISSIER

 

Artikels

Ordained-Logo2