Teks groote

Volksdansgroepe vat hande

Plaaslike volkspelers het saam met Europese geesgenote Suid-Afrikaners met hul unieke kulturele tradisionele drag, passies, musiek en liriek trakteer.

Beesvelgooi deur die Volkspelers het gehore weer na hul asems laat snik. 'n Kultuurerfenistoer deur Suid-Afrika, bestaande uit volksdansgroepe van die Afrikaners, Duitsers, Belge en Vlaminge, het verlede maand luisterryk op Erfenisdag in Pretoria ten einde geloop. 

Die toergroep, o.l.v. Johan de Beer, het onder andere in George, Stilbaai, Kaapstad, Bethlehem, Bloemfontein en Boksburg opgetree en gehore met hul unieke kultuureie tradisionele drag, passies, musiek en liriek trakteer. Beesvelgooi deur die Volkspelers het gehore ook weer na hul asems laat snik. Die niggie op die beesvel wat deur die neefs die lug ingegooi is, het darem net die plafon van die saal aangeraak en nie 'n "deurbraak" gemaak nie! 

Die ATKV-Centurion het ook erkenning verleen aan mnre. Hansie le Roux (huidige voorsitter van SA-Volksang en Volkspele) en twee vorige voorsitters, Duimpie Strydom en Steve van der Merwe, vir die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur d.m.v. volksang en volkspele. By dieselfde funksie is daar ook aan Ursula Brenner (leier van die Duitse Volksdansgroep) erkenning verleen vir haar jarelange ywer en sukses om interkulturele kontak tussen die Duitsers en Afrikaners te bewerkstellig. Sy was weer vanjaar leier van die Duitse Volksdansgroep se besoek aan Suid-Afrika. 

VolksdanseVolksang en volkspele het onder andere ook deel uitgemaak van die ATKV-Centurion se Ons passie vir Afrikanerpassies: musiek en –liriekprogram wat vroeër vanjaar by die Voortrekkermonument aangebied is en gelei het tot 'n uitnodiging deur die SAUK om op hul verhoog by die 2009-KKNK op te tree. Die program is ook tydens die onlangse ATKV Kongres by Buffelspoort herhaal. 

BO: Beesvelgooi deur die Volkspelers het gehore weer na hul asems laat snik. 
REGS: Anton van Vollenhoven (Volkspele Wyksbondvoorsitter), Ursula Brenner (Duitse Volksdansgroepleier), Els Devriendt en Joris van Raemdonck (Belgiese/Vlaandere Volksdansgroepleiers). Agter staan Sakkie Kotze (ATKV-Centurion) en Johan de Beer (Gasheer en Toerleier namens Volkspele SA). 

Ordained-Logo2